Illustreerders en fotograwe Talle agentskappe het hulle eie illustreerders en fotograwe, maar hulle word meer dikwels ingekontrakteer wanneer dit nodig is. Talle ontwerpers het ook ’n liefde vir illustrasie en of fotografie en hulle vind dat dit deel van hulle posbeskrywing word sodra hulle in diens geneem word en hulle dit reggekry het om hulleself te bewys.
Webontwerper ’n Webontwerper bepaal en ontwikkel die voorkoms en gevoel van webwerwe, met ander woorde hoe die werf sal lyk met ’n kleurpalet, die tipografie en die verantwoordelikheid om die navigasiestelsels en visuele uitvoering te ontwerp.
Webontwikkelaar (voorkant “front-end”– die deel van die webwerf wat die gehoor kan sien) Hierdie persoon gebruik HTML/JavaScript/ASP/ColdFusion en ander gereedskap om statiese en dinamiese webblaaie te ontwikkel. Hulle pas toe wat die webontwerper oorspronklik beplan het.
Webprogrammeerder (basiese strukture “back-end” – die dele van die webwerf wat die gehoor nie kan sien nie) Dié programmeerder werk met webbedienerstelsels en webdatabasisse, ontwikkel webnavrae na databasisse en programmeer webtoepassings. Hulle is nie as ontwerpers opgelei nie, maar eerder om programme te skryf wat die hele spul laat werk.
Webprodusent, senior-produsent en uitvoerende produsent ’n Webprodusent hou toesig oor en organiseer webontwikkelingspanne en maak seker dat dit aan die begroting, skedule en ontwerp van die webwerf voldoen.
Besigheidsontwikkeling/rekeningbestuursrolle Hierdie werk vereis sterk interpersoonlike vaardighede, goeie verkoopsvaardighede, onderhandelingsvaardighede, luister- en organisasievaardighede, plus die vermoë om vinnig te leer en die idees tussen die kliënt en die kreatiewe spanne moeiteloos en maklik oor te dra.
Kliënteskakels (Account executives) Kliënteskakels in die reklamebedryf dra by tot en ontwikkel reklameveldtogte. Aktiwiteite en verantwoordelikhede sluit gewoonlik in dat hulle met kliënte skakel en vergaderings hou om hulle reklamevereistes te identifiseer en te bespreek. Dit word gewoonlik saam met ander agentskapkollegas gedoen om ’n reklameveldtog te ontwikkel wat aan die kliënt se opdrag en begroting voldoen, en uiteindelik saam met die agentskapkollegas, en in besonder die rekeningbestuurder, die veldtog se idees en begroting aan die kliënt oor te dra.
Mediabeplanners/-kopers ’n Mediabeplanner se werk is om te verseker dat die kliënte die impak van hulle reklameveldtog kan optimaliseer deur die gebruik van ’n reeks media-opsies soos die gedrukte media, radio, TV en die sosiale media, om maar net ’n paar op te noem. Hulle pas hulle kennis van die media en kommunikasieplatforms toe om die toepaslikste manier te identifiseer om mense van die kliënt se handelsmerk bewus te maak.
Rekeningbeplanners Rekeningbeplanners is gemoeid met navorsing, ontledings en strategiese denke. Hulle is die verbruiker se verteenwoordigers by die agentskap en verseker dat die veldtogte toepaslike insette van sy teikenmark kry oor die produkte en bemarking van die veldtog as geheel.