• Hulle het weggedoen met die individu – werk was onpersoonlik. • Abstraksie en vereenvoudiging is gebruik. • Daar was reëls in kuns en kuns moes met die verstand geskep word en nie sonder verwysing na die visuele wêreld deur dinge om hulle geïnspireer word nie. Werk was dus baie abstrak.
• Kleur: slegs die drie primêre kleure – rooi, geel en blou – en die drie niekleure – swart, grys en wit – is in hulle werk gebruik.
• Lyn: slegs horisontale en vertikale lyne is gebruik en soms as uitsondering, diagonale strepe (slegs reguit lyne is gebruik).
• Tekstuur: visuele sowel as tasbare oppervlakke was glad en daar was nie individuele merke nie. • Hulle was teen enige vorm van tradisie gekant. • Hulle het in balans, harmonie, orde, logika en suiwerheid geglo. • Argiteksruimtes is volgens ’n stelsel gerangskik om funksie en harmonie te skep.
De Stijl se kunstenaars, ontwerpers en argitekte het oor die algemeen ’n groot invloed op die ontwikkeling van die Internasionale argitektuurstyl gehad.
Sytafeltjie deur Gerrit Rietveld ontwerp
Geometriese suiwerheid was vir De Stijl ’n obsessie, soos gesien in hierdie hoë stoel deur Rietveld ontwerp