Walter Isaacson noem in die biografie van Steve Jobs (uitvinder van Apple-rekenaars) dat Jobs in 1981 begin het om die Internasionale Ontwerpkonferensie in Aspen by te woon. Hy is daar aan die sober en funksionele ontwerpfilosofie van die Bauhaus-beweging
blootgestel. Hy het geen geheim gemaak van sy entoesiasme vir die Bauhaus-styl nie en in ’n toespraak in 1983 wat hy by die ontwerpkonferensie gehou het, het hy voorspel dat die duister industriële styl in rekenaartegnologie plek sou maak vir Bauhaus-eenvoud. Wat hy voorgestel het, was ’n nuwe benadering, een wat meer getrou was aan die funksie en die aard van die produkte wat hulle besig wat om te ontwerp. Steve Jobs het verstaan dat die produk en sy estetiese voorkom vervleg moes wees – die beste produkte wat slordig of onklaar lyk, sal nooit byval vind nie, maar dat ’n swak ontwerp ook nie deur ’n spoggerige verpakking en ontwerp gered word nie. Hy het geglo dat die een ’n verlenging van die ander moes wees. En hy was so reg! Dit is heeltemal getrou aan die ideale van
Bauhaus, waar hulle die eenheid tussen kuns en industriële ontwerp bevorder het met die oorheersende klem op funksionaliteit. Apple sal altyd getrou wees aan sy ontwerpslagspreuk: “Eenvoud is die toppunt van gesofistikeerdheid.”
Aangesien julle almal Apple-produkte ken, en teen hierdie tyd ook die eienskappe van die Bauhaus, behoort julle die verwysing na die Bauhaus-styl te verstaan en in te sien. Wend ’n poging aan en kyk of jy hierdie stelling verstaan. Dit is op so baie vlakke vir jou ’n waardevolle les. Apple word as dié handelsmerk gereken. Dit lyk so goed dat niemand kan nalaat om dit te begeer nie, maar dit voldoen ook aan die belofte dat dit ’n reeks van buitengewone, funksionele en topgehalte tegnologies-gevorderde produkte is.
Met die wete dat Apple met die filosofieë van Bauhaus gewerk het, kan ’n mens redeneer dat Apple waarskynlik een van die invloedrykste erfenisse is wat deur hierdie beweging geïnspireer is.
Ontwikkeling van die ontwerp van Apple-rekenaars - http:// ccatechnohistory.blogspot. com/2010/09/evolution-of- computers.html