Dror Benshetrit het dit geskep na jare van speel met verwante geometriese vorms en boumetodes. Hierdie eenvoudige blokstelsel wat van gravitasiekrag gebruik maak, het so veel toepassings as wat jy kan uitdink. Dit kan vir korttermyn-noodskuilings gebruik word, of om brûe regop te hou! Die moontlikhede is legio! Die L-vormige strukture wat in mekaar pas en waaruit die QuaDror-stelsel bestaan, kan dun gemaak word vir ’n stellasiestruktuur of dik vir ’n soliede paneel. Hoe dit ook al sy, die strukturele integriteit van die stelsel is indrukwekkend, danksy sy unieke geometriese kenmerke. Die stelsel kan uitmekaargehaal word en toelaat dat QuaDror maklik uitgepak, aanmekaargesit en vervoer kan word, net soos platpak-meubels!
Konseptekening van die QuaDror-stelsel
QuaDror deur Dror Benshetrit is ’n konstruksiestelsel wat uitmekaargehaal kan word en wat gebruik maak van L-vormige strukture wat in mekaar pas.