HETJYGEWEETPlastiek was daardie tyd ’n nuwe uitvindsel en is in baie vorms aangetref. Dit is vir speelgoed, telefone en allerhande produkte gebruik. Dit was ’n uiters veelsydige sintetiese materiaal wat in enige vorm gedruk kon word om in die handel en die bedryf te gebruik. ’n Harde vorm van plastiek, wat bakeliet genoem word, is byvoorbeeld gebruik om telefone en wekkers te maak.
Eero Saarinen het hierdie ysskaatsbaan ontwerp – voorbeeld regs. Sy geboue vorm deel van die meer Organiese Modernisme, ’n onderafdeling van die Modernisme. Sy geboue toon hoe beton in enige vorm gegiet kan word. Jy kan soortgelyke skulpagtige vorms in die dakke van die Sydney-operahuis in Australië sien.
Hierdie gebou herinner ’n mens ietwat aan die Japannese argitektuur, alhoewel dit meer kurwes het en modern en slank is.
Die John F. Kennedy-lughawe se eindpuntgebou en portaal is gedurende die 1950s en 1960s deur Eero Saarinen ontwerp. Saarinen het ’n oorspronklike ontwerp geskep met ’n prominente vlerkvormige dun skulpvormige dak oor die hoofgebou. Dit het ongewone buisvormige vertrek-/ aankomsgange gehad wat aanvanklik met rooi tapyt uitgevoer is en noodsaaklik was om die gees van die ontwerp te behou.
Die eindpuntgebou het groot vensters gehad vanwaar die vertrekkende en aankomende straalvliegtuie gesien kon word. Die beton- skulpvorm het Saarinen geïnspireer om spesiale keramiekteëls met gekurfde rande te gebruik om by die kromlynige vorms van die gebou te pas.
Die eindpuntgebou het twee vleuels wat lyk soos ’n voël wat wil begin vlieg. Die portaal vertoon die slanke organiese lyne, ’n invloed van sy Skandinawiese herkoms. Die teksture is glad en jy tref binne die pragtige krom lyne in die plafon en die trappe aan. Dit gee ’n mens die gevoel dat jy in die binnekant van ’n skulp is.
. 296 /////
Ingalls se ysskaatsbaan by die Yale Universiteit (1958) New Haven.