HETJYGEWEET Tydens hierdie oorlog is ongeveer ses miljoen Europese Jode en miljoene ander deur die Nazi-regime onder Adolf Hitler uitgewis. Dit was ’n gemeganiseerde oorlog en het die Ooste en die Weste verdeel. Ons kan ook aan hierdie oorlog dink in terme van menseregte wat ons vandag geniet. (Sien prente van die Tweede Wêreldoorlog hieronder (1939 tot 1945)
WOORDELYS
Abstrak – nie-verteenwoordigende kuns wat nie probeer om ’n voorwerp uit te beeld nie, maar is saamgestel met die fokus op interne struktuur en vorm
Asteke – (inheemse Amerikaanse mense van Mexiko) lede van ’n inheemse Midde-Amerikaanse groep mense wie se ryk sentraal-Mexiko in die 14de en 15de eeu oorheers het. Benewens hoogs ontwikkelde artistieke, musikale, astronomiese en wiskundige vaardighede, was die Asteke uitstekende ingenieurs en argitekte
Bakeliet – tipe harde plastiek wat veral in die 1930s en 1940s gebruik is om dinge soos radio’s en telefone van te maak
Chrisofaas – (heldergroen kwarts) ’n helder groen halfedelsteen wat ’n soort kalsedoon is. Gebruik: edelstene