KOMMUNIKASIE-ONTWERP Anders Beckman, Sweedse lugredery 1939
Hierdie voorbeeld toon die Skandinawiese eenvoud en ekonomiese gebruik van elemente om ’n boodskap oor te dra. Die ontwerper het meestal die koeler kleure van die noordelike lande gebruik. Die baie groot lettertipes wat vir die letters ABA gebruik is, domineer die onderste deel van die plakkaat. Die son is ’n sirkelvormige skyf wat deur ’n wit ring omring is.
Die vliegtuig kom die plakkaat vanuit die boonste linkerhoek teen ’n skuins lyn in. Die vliegtuig sowel as die groot letters toon ’n mate van arsering.
Die blou in die agtergrond aan die onderkant word geleidelik ligter namate dit hoër op beweeg en in ligblou en sagte groen eindig.
ABA is in vetdruk en ’n eenvoudige font. Die geel skyf word in die geel letters herhaal wat horisontaal onder ABA geplaas is. Die wit van die skyf en die wolke word herhaal in die wit vloeiende skrif aan die onderkant. Die woorde “SWEDISH AIR LINES” is in elegante vloeiende lettertipes gedoen.
Kontras is verkry deur donker kleure op ligte kleure en warm kleure op koel kleure te plaas. Die fokuspunt van die plakkaat is op die vliegtuig om die lugredery se maatskappynaam te beklemtoon.
’n Plakkaat ontwerp deur Anders Beekman, 1939
3 PROJEK
Kyk na die kaart hieronder en omkring die woorde wat op hierdie beweging van toepassing is. Jy kan die woorde horisontaal, vertikaal, diagonaal, agtertoe en vorentoe lees.
P H F L S E I F R O M O I B S I
A G M A R I M E K K O L P G E N P D I M N C S I
P A N T O N L
A U E I O G H A L O S I H C W O R N T Y T
I
E V V E E A E K L T G P R N E E
E E D R D C H R O O M I D E G E S
T I L E E E N
C M O R K E G I S E A R
B O G B R Q L H Y M A A T
E T A E R R G S O S
Kry die oplossing deur die volgende woorde in die rooster hierbo te soek: biomorfies; elegant; Isola; eenvoud; Marimekko; chroom; gestileer; papawer; lig; gekrom; Saarinen; Panton; Eames; mier; beton; Ikea; lamineer