STAP2 Kies jou “werkruimte” noukeurig. Dit kan ’n straat, sypaadjie, muur of gebou wees. Onthou: As jy buite werk, moet jy die weer in ag neem. Kies so ver as moontlik ’n onderdak-area of binne ’n gebou in geval dit reën of te winderig is! Dit is ook raadsaam om jou “werkarea” te kies waar dit nie so besig is nie. As jy kies om op ’n sypaadjie te werk, kan jy selfs toestemming van die munisipaliteit nodig hê!
STAP3 Kies ’n toneel wat jy wil oorteken OF jy kan selfs jou eie toneel skep. Gebruik die roosterformule van Albrecht Dürer en teken die rooster bo-op jou toneel of jou eie tekening oor. Noudat jy hierdie stadium voltooi het, kan jy tussen die volgende twee tegnieke kies:
• Kopieer jou ontwerp blok vir blok op die oppervlak wat jy gekies het. Dit is raadsaam om die blokke (liggies) op die oppervlak oor te teken voordat jy met die werklike gedetailleerde tekening begin. Gebruik asseblief ’n skaal van ten minste 1:10.
OF
• Kopieer jou ontwerp (met die rooster) op asetaat. Neem jou viltpen en teken al die lyne (op die asetaat) oor sodat hulle donker en sterk lyk. Gebruik ’n projektor en gooi die beeld op jou “werkruimte” of oppervlak. Jy is nou gereed om die beeld oor te teken.
STAP4 Kyk dat jou “muur” of “vloer” baie skoon en droog is voordat jy met die tekening begin! Jou eerste tekening behoort ’n lyntekening te wees. Om ’n akkurate “lewensgrootte” tekening met reguit lyne te skep, is dit raadsaam om in ’n slaglyn (chalk line) te belê. As dit nie moontlik is nie, kyk dat jy ’n lang en baie reguit hout-, staal- of aluminium-stok of plank het.
’n Kalklyn in aksie
* 480 /////
Asetaat is ’n helder plastiek, soms deur uitgewers as ’n stofomslag gebruik. Jy kan op asetaat druk, dus inkorporeer moderne uitgewers soms ontwerpe op ’n asetaat-omslag wat die ontwerp van die boek se buiteblad daaronder komplementeer. Asetaat neig om te vergeel, te krimp en te kraak namate dit verouder. Dit kan moeilik wees om baie ou boeke te kry met oorspronklike asetaatomslae was nog so goed lyk soos toe dit gedruk is.