Seël wat glyvry is – hierbo is prettige en vrolike matte wat deur die Duitse vervaardiger, Hey-Sign, ontwerp is. Hierdie matte is geïnspireer deur die geperforeerde rand en klein merkies wat op seëls aangetref word. Dis interessant hoe iets wat so onbeduidend kan voorkom, ’n nuwe produk kan inspireer.
Die seël-juwele hierbo wat Marianne of the Republic of Hope genoem word, is deur Louis-Charles Muller ontwerp.