Tom March en Trent Jennings, wat albei hulle loopbane in die meubelbedryf begin het, het hierdie maatskappy gestig. Trent Jennings het uit ’n agtergrond gekom wat tradisionele fyn meubels gemaak het, en Tom March het uit ’n meer korporatiewe agtergrond in kantoor- en raadsaalontwerp, gekom. Toe hulle ’n toepaslike naam gesoek het, wou hulle die gehalte en uitnemendheid van tradisionele Britse vervaardiging en ontwerp kombineer met die idee dat hulle maatskappy iets nuuts en anders bied. Die woord marmalade is gekies omdat dit hulle aan ’n ware Britse konsep herinner het en blue omdat dit ’n unieke en ietwat ongewone element bygevoeg het. Blue Marmalade het ’n duidelike omgewingsuitkyk en die doel om ’n 0%-stortingsbeleid te hê. Dit beteken dat baie min of geen afval tydens die produksie van hulle ontwerpe geproduseer word nie. Om feitlik geen afval te hê nie, is ook ’n groot ekonomiese voordeel.
Die Blue Marmalade-ontwerpe is glad, vereenvoudig en funksioneel. Om omgewingsverantwoordelik te wees, beteken nie dat produkte handgemaak of onreëlmatig moet lyk nie – in werklikheid is dit die teenoorgestelde, aangesien Blue Marmalade se produkte en meubels maklik by moderne binneruimtes gevoeg kan word. Soos hulle op hulle webwerf sê, is die idee agter hulle ontwerpstyl:
“....om produkte te skep en te maak wat die ontwerper se passie oordra: Eenvoud, pret funksionaliteit en ekovriendelikheid.” (HTTP://WWW. BLUEMARMALADE.CO.UK/EN/ABOUT.HTM).
Hierdie ideale kan gesien word in produkte soos die Cog-hanglampskerm, die Crease- tydskrifrakkie en die Low Cut-stoeltjie/ sytafeltjie. Die Cog-hanglampskerm het ’n eenvoudige, treffende ontwerp wat ’n mens herinner aan origami (die Japannese praktyk om diere en blomme deur verskillende en baie gedetailleerde voumetodes uit papier te skep). Die hele lampskerm is van ’n enkele vel herwonne materiaal geskep en word maklik aanmekaargesit en uitmekaargehaal. Die gemak waarmee jy hierdie lampskerm kan bou en afbreek, maak dit makliker om aan die einde van sy *lewensiklus te herwin. Die lampskerm is ook so ontwerp dat dit tradisionele en energiebesparende gloeilampe van tot 100 W kan neem.
Die Crease-tydskrihouer en die Low Cut- stoeltjie/sytafeltjie is stylvolle aanvullings vir enige ruimte. Die Crease-ontwerp is uit ’n enkele vel plastiek gemaak en is in ’n reeks kleure beskikbaar. Aangesien die moderne leefruimtes al hoe kleiner word, is dit belangrik om te oorweeg om ongebruikte produkte te stoor.
Die Blue Marmalade Crease-tydskrifhouer * 418 /////
Die produk se lewensiklus: Produk of reeks produkte het ’n lewensiklus soos ’n mens in die natuur aantref. Eerstens word die produk ontwikkel, dan op die mark geplaas. Wanneer dit gebruik word, geniet dit ’n tydperk van stabiliteit voordat dit begin afneem tot dit onttrek word of die produksie daarvan gestaak word. In volhoubare produkstelsels is dit belangrik om na die hele lewensiklus van ’n produk te kyk – dit beteken dat wanneer jy ’n produk ontwerp, jy moet kyk na wat sal gebeur wanneer dit die einde van sy lewensiklus bereik het. Sal dit herwin word? Indien wel, hoe kan die ontwerp aan die begin van die proses verander word om dit makliker te maak om die produk af te breek en te herwin?