• Sensitiewe lyntekeninge soos in d) beskryf, is noodsaaklik vir die verdere ontwikkeling van jou tekenvaardighede. Maak seker dat jy dit bemeester!
!
Moenie teken hoe jy dink die voorwerp lyk nie. Teken die werklike vorm en ander besonderhede wat jy voor jou sien. Gebruik jou tyd. Dis nie iets wat afgejaag moet word nie.
Probeer om die A4-/A3-bladsy te vul. Moenie ’n miniatuurweergawe van jou voorwerp teken nie. Dis dalk ’n goeie idee om na die skoon bladsy te kyk voordat jy begin.
Aan die einde gaan jy vir jou onderwyser drie verskillende lyntekeninge van drie verskillende voorwerpe ingee. Let op dat dit dalk ’n goeie idee kan wees om tussen twee sketsboeke te wissel sodat jy altyd kan aanhou skets selfs as jou onderwyser besig is om jou vorige werk na te sien.
LET WEL: Dit sal alles afhang van die bestaande werklading wat jou onderwyser vir hierdie semester beplan het. Jy sal by hulle skedule moet inval. Hulle kan besluit dat jy vir die volgende drie weke drie tekeninge per week as tuiswerk moet doen, of hulle kan jou vra om al die tekeninge op een slag as ’n klasaktiwiteit te doen. Hoe dit ook al sy, maak seker dat jy dit gedoen kry, selfs al beteken dit dat jy dit in jou eie tyd moet doen, sodat jy na die volgende vlak van jou tekenprogram kan beweeg.