Jy kan hier regs ’n voorbeeld sien van ’n omslag vir ’n papier-koffiebekertjie. Die ontwerp is klaarblyklik deur ’n Skandinawiese patroon geïnspireer (ontwerper onbekend). Die gebruik van vertikale lyne en tonale waardes van oranje skep ’n langwerpige illusie.
Talle Skandinawiese ontwerpe maak van sterk buitelyne gebruik. Hou dit in gedagte en skep buitelyne in óf wit óf swart. As jy die agtergrond met kleur vul, sal jy die kontras versterk en positiewe of negatiewe lyne skep. Onthou om ’n waterbestande viltpen te gebruik wat nie klad wanneer jy begin om waterverf, ink of enige ander vloeibare kleur te gebruik nie.
’n Suid-Afrikaanse ontwerper, Heather Moore, het hierdie afdrooglap regs volgens die beeld hierbo geskep. Die byvoeging van meer tonale waardes by hierdie reeds kreatiewe ontwerpe sal net nog verdere dimensie aan hierdie Skandinawies-geïnspireerde ontwerp gee.
Hier is ’n paar innoverende 3D-gebruike vir papier- en Styrofoam-bekertjies.
Deur herwinde bekertjies te gebruik, het ’n groep Japanse ontwerpers ’n heuningkoekmuur geskep. Die ontwerpers Chengyuan Wei, Guanyun Wang, Ye Tao, Jianxing Cai, Chao Chen en Xuanxing Yang het met die lamp van herwinde bekertjies vorendag gekom.