Islamitiese kunsteëls Vrydag-Moskee: Die niefiguratiewe aard van Islamitiese ontwerp het tot ’n sterk geometriese en kalligrafiese styl gelei. In hierdie voorbeeld is kalligrafie gebruik om ’n dekoratiewe element as deel van hierdie mosaïek te skep.
Johannes Gutenberg se nuwe drukpers
Met die uitvinding van beweegbare letters en Johannes Gutenberg se nuwe drukpers in 1440 het die Europese tradisie van handgemaakte boeke tot ’n skielike einde gekom. Binne slegs ’n paar jaar het die produksie van Europese boeke feitlik heeltemal oorbeweeg na die nuwe drukpersmetode om boeke te produseer. ’n Paar Europese lande, soos Frankryk, het steeds ’n aantal handgemaakte boeke geproduseer, maar hierdie manier van produksie het skaars geword. Die proses wat Gutenberg uitgevind het, het tot die einde van die 20ste eeu die belangrikste standaardmetode vir drukwerk geword. Dit is interessant om te besef dat die konsep van beweegbare letters nie nuut was nie en in China tot 1040 v.C. teruggevoer kan word. Hierdie proses het egter in China nooit meer suksesvol geword as die handproduksiemetodes nie. Een moontlike rede hiervoor is die groot getal Chinese karakters – met duisende karakters om te produseer, was die beweegbare letters nie so voordelig en tydsdoeltreffend as wanneer Latyns-gebaseerde alfabette gebruik is nie. Teen die 1500s was daar drukperse in die meeste Wes-Europese stede en die produksie van boeke het sinoniem geword met die verspreiding van kennis en inligting.
Beweegbare metaal- letters en sethaak, verdere ontwikkeling van Guten- berg se drukpers
Drukpers van 1811, gefotografeer in München, Duitsland.