Voorbeelde van geïllumineerde letters uit die Art Nouveau-tydperk
Pragtige juwele wat ontwerp is volgens geïllumineerde letters
Moderne pogings van
geïllumineerde letters – kyk hoe netjies en professioneel is dit
STAP1 Besluit watter persoon jy met jou geïllumineerde letter wil voorstel. Maak ’n lys van organiese of natuurlike voorwerpe waarmee jy hierdie persoon kan verbind. Versamel visuele voorstellings van hierdie voorwerpe. Jy is welkom om die werklike voorwerpe soos perskebloeisels wat jy van ’n boom afpluk, te soek, of as dit onmoontlik is, kan jy foto’s of prente uit tydskrifte gebruik. Onthou om by die organiese voorstelling te bly!
STAP2 Neem ’n vel A4-papier, ’n potlood en ’n swart merkpen. Moenie vergeet om die eienskappe van die Art Nouveau-styl in gedagte te hou nie. Neem jou organiese verwysings en begin om hierdie vorms te stileer en te vereenvoudig totdat jy met die resultaat tevrede is. Moenie op hierdie stadium enige kleur gebruik nie. Jy behoort nou ’n A4-papier vol gestileerde organiese vorms te hê wat die persoon wat jy gekies het, voorstel. Hierdie sketse kan ook blare of blomme uit verskillende hoeke en van verskillende groottes insluit.