Die Romeinse Ryk het regoor Europa gestrek en dit het ’n groot klomp administrasie en kommunikasie geverg. As gevolg hiervan het die Latynse alfabet regoor Europa versprei en toe die Romeinse Ryk in 476 n.C. tot ’n val kom, was die Latynse alfabet die belangrikste styl wat in Europa gebruik is, aangesien dit die taal van die Roomse Kerk was. Latyn is op soveel verskillende maniere gebruik, van inskripsies in klip tot Latynse variasies wat ontwikkel is vir handgeskrewe alfabette wat op *perkament en *papirus gebruik is.
Monumentale Latynse lettertipes is gebruik vir die meeste inskripsies op klip wat die oorwinnings en grootsheid van Rome en sy mense verheerlik het. Dit is hierdie skryfstyl wat mense vandag met die Romeinse Ryk en die antieke Latynse alfabet verbind. Hierdie lettervorm was baie presies en beheersd en hoofletters is meestal gebruik. Voorbeelde van monumentale lettervorms kan op Romeinse relikwieë en ruïnes oral in Europa aangetref word. Inskripsies op die Pantheon, ’n Romeinse tempel, en die Boog van Konstantyn is goeie voorbeelde van hierdie alfabetstyl. Die Pantheon is ’n ronde tempel wat aan die gode van Rome gewy is en uit 118 – 125 n.C. dateer.
Pantheon-fasade: Die Pantheon is ’n argitektoniese triomf en viering van Romeinse betonkonstruksie. Die tempel het ’n groot ronde opening bo-op die middelste koepel wat die hoofligbron vir die binnekant vorm.
Pantheon-inskripsie: M. AGRIPPA. L. F. COS. TERTIUM. FECIT
* 30 /////
Perkament: ’n roomkleur of gelerige materiaal wat van gedroogde en behandelde skaap- of bokvel, of ander dierevel gemaak is en wat vroeër vir boeke en dokumente gebruik is. Papirus: skryfmateriaal wat deur die antieke Egiptenare, Grieke en Romeine gebruik is en van die kern van die stingel van ’n waterplant gemaak is.