Die vlekvryestaalbedekking in die toring is gerib en in ’n uitstralende tipiese straalsonpatroon met talle driehoekige gewelfde vensters.
Op die dertiende verdieping is ’n fries in die bakstene. Dit toon ’n abstrakte ontwerp van motors met dekoratiewe wieldoppe en groot verkoelerdoppe.
Detail van die Chrysler-gebou
Die waterspuite, sigbaar in die detail in die voorbeeld, is gemaak na aanleiding van Chrysler se motorprodukte, soos die arend wat as masjienkap- ornament op die Plymouth-motor gebruik is. Dit is op die hoek van die gebou geplaas en dien as waterspuite.
Simmetriese balans van vensters en ander eienskappe kan in die detail van die Chrysler-gebou gesien word.
?
HETJYGEWEET Suid-Afrika het ’n aantal Art Deco-geboue. SA voorbeelde: Old Mutual-gebou – Kaapstad; Shell-house (Groentemarkplein); Sun-gebou (Groentemarkplein); Holyrood-woonstel – Queen Victoria-straat; , Ansteys in die middestad van Johannesburg; Kamer van Mynwese-gebou, Johannesburg; Jubileum-hof, Durban; Sayed Fakroodeen-gebou, Durban. Daar is ook goeie voorbeelde in Steytlerville en Worcester.
KOMMUNIKASIE-ONTWERP Bespreking van Art Deco-plakkaat deur Cassandre
Dit is in die Art Deco-styl, aangesien dit die volgende kenmerke bevat:
• Vorms is vereenvoudig/gestileer. • Die onderwerp verwys na moderne geriewe soos die vliegtuig, trein en motor om vervoer maklik te maak.
• Daar is geen voorstelling van die natuur nie, slegs van die mensgemaakte wêreld.
• Die trein en motor word in perspektief gesien soos dit na die kyker geprojekteer word soos dit dikwels in advertensieplakkate gebruik is.
• Kleure is sterk en plat met min skakering en detail.
• Lyne is meestal reguit, behalwe vir die sirkels in die trein en kopligte.
Plakkaat ontwerp deur Cassandre
• ’n Mate van aanduiding van ruimte word geskep deur sterk perspektiefverkorting van die trein, motor en vliegtuig.
• Verskillende hoeke getoon: sommige voorwerpe van voor gesien en sommige van onder. • Die voorwerpe het ’n meganiese gevoel. • Die letters is eenvoudig en aan die onderkant in reguit rye gerangskik. Die spasiëring van die lyne en dikte varieer.
• Die spasiëring van die font is ongewoon om in die plakkaat te pas en is horisontaal geplaas. ///// 191