Die ikoniese Che Guevara sluit by die revolusie aan
Ernesto Guevara, meer bekend as Che, is in 1928 in Argentinië gebore. Hy het medisyne studeer en regoor Suid-Amerika gereis. Hy was besorgd oor die lewensgehalte in talle Suid-Amerikaanse lande en het geglo dat die meeste armoede, gebrek aan opvoeding en maatskaplike verval die gevolg was van kapitalistiese stelsels. Kapitalisme is die teenoorgestelde van kommunisme en verteenwoordig ’n stelsel waar individue of maatskappye die reg op produksie en die verspreiding van goedere en dienste kan besit, en individueel uit die sukses van die onderneming kan voordeel trek. Die Westerse wêreld, insluitend lande soos Suid-Afrika, werk met kapitalistiese stelsels. Guevara het kapitalisme beskou as ’n stelsel waar die armes altyd onder druk sal wees. Nadat hy vir Fidel Castro in Mexikostad ontmoet het, het hy aangesluit by die revolusionêre beweging wat daarop gemik was om Kuba terug te neem van Fulgencio Batista wat deur die Amerikaanse regering gesteun is, en dit onder kommunistiese regering aan die Kubane terug te gee. Die revolusie was geslaagd en in die jare wat gevolg het, het hy ’n sleutelrol in die nuwe Kubaanse regering gespeel. Dit het ook die ondersoek van verskeie metodes van maatskaplike hervorming en die opleiding van ’n burgemag in Kuba ingesluit. Hy het ook baie geskryf en as Kubaanse diplomaat opgetree.
Hierdie foto van Ernesto Guevara is in 1960 deur Alberto Korda geneem.
’n grafiese reproduksie van die fotobeeld van Ernesto Guevara in rooi en swart.