Die “ *gevonde of *kitsklaar-” (*found of *readymade) alfabet: INLEIDING
Die alfabet (Grieks: alfa en beta) kom uit die Egiptiese era en vorm die basis van ons taal. Mense het deur die jare geëksperimenteer en interessante en unieke alfabette geskep.
Jou Opdrag KLASAKTIWITEIT Skep as klas ’n unieke alfabet deur ’n verskeidenheid “gevonde of kitsklaar” voorwerpe as letters uit die natuurlike of mensgemaakte wêreld te neem. Verdeel die 26 letters tussen al die klasmaats sodat julle uiteindelik die hele alfabet aan die einde van hierdie aktiwiteit gesamentlik kan aanbied. Vir dokumenteringsdoeleindes kan jy jou selfoon of kamera gebruik, of jy kan die gevonde/kitsklaar letters teken. Die letters kan byvoorbeeld van verpakking, naamborde, modevoorwerpe, meubels, argitektuur, die natuur, ens. kom.
Onthou: Jy mag nie die “letter” of die oorspronklike vorm van jou gevonde/kitsklaar voorwerp op enige manier verander nie. Daag jouself uit om die voorwerpe van verskillende gesigspunte af te bestudeer; neem foto’s vanuit verskillende hoeke om die leesbaarheid van die letter te versterk. Dit is belangrik dat jy sterk op die fatsoen of vorm van al die voorwerpe in hierdie aktiwiteit fokus.
Die volgende voorbeelde is deel van ’n versameling kitsklaar voorwerpe. Waarom is hulle kitsklaar en nie gevonde voorwerpe nie? Kan jy die verskil onthou tussen gevonde en kitsklaar voorwerpe?
Ontwerp deur The Butler Brothers vir High Fashion Home (HFH), die ABC home décor meubellettertipe is ’n wonderlike voorbeeld
*
’n Kitsklaar voorwerp is ’n mensgemaakte voorwerp wat uit sy konteks geneem is waarvoor dit oorspronklik ontwerp is en in ’n ander konteks geplaas is. ’n Gevonde voorwerp aan die ander kant kan iets natuurliks of mensgemaak wees, wat sy funksie verloor het deurdat dit óf deur die natuur óf deur die mens verwerp (weggegooi) is. ’n Gevonde voorwerp kry dus ’n nuwe betekenis deurdat dit in hierdie nuwe konteks ingesluit word.