Die Farnsworth-huis deur Ludwig Mies van der Rohe in 1951 ontwerp.
OMGEWINGSONTWERP
Hierdie huis is ’n goeie voorbeeld van die Modernistiese “masjien”-estetika. Die steundele is met reëlmatige intervalle herhaal. Die verhewe vloer laat die gebou lyk asof dit bokant die grond dryf. Die huis is feitlik uitsluitlik van glas en staal gebou – dit word ook “vel-en-been”-argitektuur genoem. Dit is ’n reghoekige struktuur met agt staalpilare in twee parallelle rye. Tussen die pilare is twee panele wat in staal geraam is om die dak en die vloer te dra . Die dak en die vloer steek weerskante by die pilare verby.
Tussen die twee drywende panele is ’n leefruimte binne glas wat ’n enkele vertrek is wat in ’n slaapruimte, leefruimte en kombuis verdeel is.
Die vloer is van Italiaanse sandsteen. Die res van die struktuur is wit geverf. Die staalraam is gepoleer voordat dit geverf is om ’n gladde masjienafgewerkte voorkoms te gee.
Hierdie huis toon die suiwerheid van vorm waarna Mies van der Rohe gestreef het. Daar is baie aandag aan dié huis gegee en baie detail ingebring. Hierdie huis verpersoonlik die modernistiese ideaal van estetika en “vorm-volg-funksie”.
ONTWERPERS
Isamu Noguchi – Amerikaanse beeldhouer, landskapargitek, meubelontwerper George Nelson – Amerikaanse industriële ontwerper, argitek, skrywer, onderwyser Marion Mahler – Australiese tekstielontwerper Ray & Charles Eames – Amerikaanse meubel- en tekstielontwerpers, kunstenaars en filmmakers Lucienne Day – Britse tekstielontwerper Eero Saarinen – Skandinawies-gebore Amerikaanse meubelontwerper en argitek Mies van der Rohe – Duitsgebore Amerikaanse argitek – een van die pioniers van Moderne argitektuur Le Corbusier – Switsersgebore Franse argitek – een van die pioniers van Moderne argitektuur