Piet Mondrian, Komposisie met rooi, geel en blou (A) het die vel seëls beïnvloed (B) deur in albei ’n primêre kleurskema te gebruik wat tipies van De Stijl-ontwerpe is.
9 PROJEK
DEEL TWEE ’N POSKAART UIT ... Opdrag
Ontwerp ’n standaardgrootte poskaart met ’n paar soortgelyke De Stijl-eienskappe. Plak jou seëlontwerpe op die poskaart. Ontwerp die voor- en agterkant van die poskaart – kyk na al die standaarddetails op poskaarte en moenie vergeet om jou persoonlike poskantoorstempel in te sluit nie.
’n Poskantoorstempel kan hierbo duidelik op hierdie ou seël gesien word