Art Deco het tussen die twee wêreldoorloë ’n groot invloed gehad op argitektuur en die toegepaste kunste en het baie invloede van die Bauhaus en die Internasionale Styl oorgeneem. Alhoewel Art Deco baie gewild was, is dit deur argitekte soos Frank Lloyd Wright en Le Corbusier van die Internasionale Styl gekritiseer. Hulle het geglo dat versiering nie slegs ’n oppervlakversiering moes wees nie, maar ’n direkte uitvloeisel van die materiale en die funksie van die ontwerp wat gebruik is. Art Deco het in die 70s herontwaak as reaksie teen die eindelose gebruik van staal en glas. Dit het ook die Postmoderne Beweging beïnvloed.
Lloyd Triestino Victoria- ontwerp deur Guiseppe Riccobaldi c.1930
Sérodent- advertensie ontwerp deur Charles Loupot. 1935
Flapper-styl rokke het die nuwe vryheid van vroue gevier.
Invloede
Art Deco is ’n kombinasie van verskillende style. Dit is dus eklekties. (Definisie: Kies die beste of kies ’n seleksie vanuit ’n verskeidenheid bronne of style.)
Dit is deur ’n aantal vroeë artistieke bewegings van die vroeë 20ste eeu soos die Kubisme, Futurisme, Fauvisme en Ekspressionisme beïnvloed.
• Van hierdie bewegings is elemente van abstraksie, vereenvoudiging en distorsie gebruik. • Hulle is gefassineer deur spoed en tegnologie (invloed van Futurisme) • Hulle is ook deur die helder kleure, plat vorms en gebrek aan ruimtelike weergawe van die Fauvistiese en Ekspressionistiese bewegings beïnvloed.