Tydskrifvoorblad ontwerp deur die Bauhaus-instrukteur Herbert Bayer 1928.
Bauhaus-grafika deur El Lissitzky.
*Fotomontage deur Hannah Höch
Foto’s is in hierdie Bauhaus- plakkaat gebruik.
Fotografie is in hierdie Bauhaus- plakkaat gebruik.
? * 174 /////
HETJYGEWEET Tydens die onstuimige en gevaarlike jare van die Tweede Wêreldoorlog het talle sleutelfigure van die Bauhaus na die Verenigde State geëmigreer. Dit is moontlik gemaak deur ’n stigting van ryk Amerikaners om talle Joodse skrywers, musici, kunstenaars en ontwerpers in die oorloggeteisterde Europa te red. Hulle is met hulle ontsnapping bygestaan deur ’n Amerikaner wat as die Amerikaanse Pimpernel bekend gestaan het, na aanleiding van die beroemde Franse Scarlet Pimpernel wat ryk mense gehelp het om tydens die Franse Revolusie gevangeneming en onthoofding vry te spring. Hulle werk en onderrigfilososofie het in Amerika geslagte van jong argitekte en ontwerpers beïnvloed. Marcel Breuer en Joseph Albers het by Yale klas gegee, Walter Gropius was by Harvard, en Moholy-Nagy het in 1937 die New Bauhaus in Chicago gestig.
Die term fotomontage verwys na ’n 20ste-eeuse tegniek om ’n prent te skep deur stukkies van foto’s of fotokopieë saam te voeg. Die tegniek is soortgelyk aan ’n collage of knip-en-plak-tegniek