Die swastika, as simbool van geluk, is regoor die antieke wêreld gebruik. Voorbeelde word in antieke Rome, die Verre Ooste, asook in die Oostelike
Middellandse streek aangetref. Hierdie muntstukke is gevind in die streek wat vroeër antieke Mesopotamië was.
Die Tian Tan Boeddha sit in die ’n meditasieposisie met sy regterhand omhoog (op sy palm is ’n Boeddhistiese wiel) en op sy bors kan jy die swastika sien. Die Tian Tan- Boeddha is een van die grootste buitemuurse standbeelde.
Die simbool is deur talle antieke beskawings gebruik, insluitend die Griekse en Romeinse beskawings wat om die Middellandse See ontwikkel het, die antieke Bronstydperk se Indiese beskawing van die Indusvallei asook die beskawing van Mesopotamië. Daar is ook voorbeelde van die simbool wat in Neolitiese China en Afrika gebruik is. Die simbool is egter meer prominent in die werke van die vroeë Mediterreense en Indiese beskawings. Voorbeelde van antieke produkte wat die swastika vertoon, is die Romeinse lamp wat tot ongeveer 200 – 300 n.C. teruggevoer kan word, en die munt uit die Nabye Oostelike streek, naby die gebied van antieke Mesopotamië. Die datum van die munt is op 200 – 225 v.C. bepaal en dit is een van die talle voorbeelde van muntontwerp wat die swastika vertoon. Die swastika is wydverspreid gebruik as simbool wat verband hou met talle Indiese gelowe, insluitend Hindoeïsme en Boeddhisme. Selfs al word die swastika in die moderne kultuur dikwels met haat en veronderstelde rassemeerderwaardigheid geassosieer, word dit steeds op standbeelde van Boeddha aangetref. Die Tian Tan-Boeddha is in die vroeë 1990s voltooi en is een van die grootste Boeddha- standbeelde wat buitemuurs aangetref word. Die Boeddha sit in ’n meditasieposisie met sy regterhand omhoog en die palm na buite gedraai. Sy linkerhand rus met die palm na bo op sy been. Die swastika kan in die middel van sy bors gesien word. Die presiese oorsprong van die simbool kan onduidelik wees, maar die oorspronklike betekenis is positief en vol hoop – die hoop van voorspoed vir die lewe en in aktiwiteite. Dit is vreemd om te dink dat die betekenis van ’n simbool soos die swastika, wat so baie goeie dinge verteenwoordig en vir so baie eeue gebruik is, binne slegs ’n paar jaar kan verander.