Gedurende die laaste dekade is die styl, beelde en handvervaardigde kwaliteit van township-ontwerp en -kuns dikwels as verwysing gebruik deur baie uiteenlopende industrieë en ontwerpers, insluitend die mode- industrie en grafiese ontwerp. Soos meer mense blootgestel is aan hierdie gestileerde beelde en ontwerpe het die gewildheid daarvan toegeneem, wat hierdie styl tot populêre visuele kultuur verhef het: sterk, plat beelde en boodskappe wat Suid-Afrika vier. Gewilde gebruike van hierdie styl sluit motiewe in wat gebruik word deur Darkie Clothing en Shine Shine.
Themba Mngonezulu is die skeppende meesterbrein van Darkie Clothing: straatklere wat dragereed is en wat Afrikakleure, -patrone en -motiewe uitbeeld. The handelsnaam was in 2002 by die Johannesburgse Modeweek bekend gestel. Gedurende 2006, het Mngonezulu saam met Azaad Carrim begin werk en hulle het ’n Darkie-boetiek oopgemaak en ’n tweede reeks van stapel gestuur wat Regime genoem is.
Die Darkie-boetiek, logo en T-hemde
Shine Shine-materiale is deur Tracy Rushmere begin. Sy werk saam met ander ontwerpers, hoofsaaklik Heidi Chisholm, om materiale and produkte te maak wat deur tradisionele Afrika-tekstiele en -motiewe geïnspireer is en wat van sosiale tot politieke invloede getuig. Shine Shine het ook n aantal produkte insluitend sakke en skinkborde vervaardig en het ook saam met fotograaf Ed Suters gewerk om ’n reeks plekmatte te skep. Die ontwerpe gebruik kragtige, sterk buitelyne en plat kleurareas. Beelde en betekenis word gekombineer in eklektiese ontwerpe, wat in die ‘teenwoordige’ gegrond is. Inspirasie en motiewe strek van glansryke swart vroue tot die Amerikaanse president, Barack Obama, tot populêre ikone, soos die Vespa-bromponie tot tegnologie soos selfone en skootrekenaars. Die materiale vertel ’n storie deur helder beelde en teksbaniere wat met blomme verstrengel is. Shine Shine se materiaal-ontwerpe vier die illustratiewe Afrika-tradisie.
Shine Shine motifs on trays
Verskeie Shine Shine-materiale: Jackie So, Julie Juu en Obama
Materiale en die mode verteenwoordig ’n visuele media wat homself bevorder. Die ontwerpe en idees moet egter ’n manier kry om aan die algemene publiek bekend gestel te word met die doel om populêr te word. Tydskrifte is ’n baie suksesvolle manier om idees, tendense en konsepte wat gekoppel is aan populêre kultuur bloot te stel. In Suid-Afrika staan twee tydskrifte uit: Drum (oorspronklik The African Drum genoem) en Huisgenoot, twee van Suid-Afrika se oudste, populêre tydskrifte. Drum is in die vroeë 1950s deur Robert Crisp begin en die eerste uitgawe van Huisgenoot is in die 1910s gepubliseer. Vandag is albei tydskrifte steeds gewild.