Plastiek: enige materiaal wat herskep, verwring of gebuig kan word sonder die byvoeging en weglating van massa
Polichromaties: veelkleurig Positiewe vorm/area: die werklike vorm (2D) of voorwerp (3D) wat in ’n spasie geplaas word; die ‘figuur’ in ’n figuur-grond- verhouding; die area wat ’n 3D-objek in beslag neem Prentpaneel: 2D-oppervlak; die plat oppervlak waarop die ware vorm of beeld bestaan; enige illusie of diepte/3D- kwaliteit word geïdentifiseer as ‘verby die prent paneel’ Primêre as: die hoof- as van ’n vorm of objek, byvoorbeel die ruggraat van ’n menslike geraamte Primêre kleure: oorspronklike kleure; kan nie gemaak word deur die meng van ander kleure nie; primêre kleure, rooi, geel en blou; alle ander kleure word teoreties gemeng met een of meer van hierdie drie kleure Primêre kontoer: die heel buitenste fatsoen van ’n vorm Produkontwerp: van ’n idee tot die ontwikkeling van ’n konsep; wat gewoonlik gevolg word deur die toetsing en vervaardiging en die uiteindelike bekendstelling van ’n produk; die produk is altyd funksioneel; sluit in sektore soos meubelontwerp, mode en ontwerp van bybehore, industriële ontwerp (van lampe tot sellulêre fone), vervoerontwerp (ontwerp van motors), ens. Projekinstruksies/ontwerpopdrag: formele geskrewe instruksies wat deur ’n kliënt voorberei word vir ’n ontwerper wat duidelike instruksies, verwagtinge, doeleindes, kwaliteit en finale produkte en funksionaliteit of bruikbaarheid insluit, ens. Proksimiteit: die nabyheid van vorms in verhouding met mekaar Proporsie: betreklike verhouding tussen elemente of voorwerpe; die gebruik van balans, simmetrie, grootte, hoeveelheid, grade, ratio en dimensie Prototipe: die eerste of oorspronklike voorbeeld van ’n nuwe produk of voorwerp wat gebruik sal word om van af te werk om meer te produseer indien daar besluit word om die produk te produseer Publieke beeldhouwerke: kan abstrak wees of iets spesifieks uitbeeld; kan ’n nasionaliteit of kulturele trots simboliseer; die posisie en plasing van publieke beeldhouwerke speel ’n belangrike rol in die omgewing waarin ons onsself bevind
R
Radiale balans: dieselfde as simmetriese balans, maar in hierdie geval bewerkstellig op ’n 3D-sirkelvorm, soos ’n sfeer; wanneer die sfeer in twee gesny word is beide helftes presies dieselfde Reliëf: 3D-vorm wat uit ’n 2D-oppervlak uitstaan Repetisie: die herhaaldelike plasing van dieselfde vorm, voorwerp, ontwerpelemente of patroon op dieselfde oppervlak of in dieselfde spasie Rigting: ’n ware of denkbeeldige lyn waarna ’n objek of element wys of beweeg Rigtinglyn of vorm: wanneer die plasing/posisie van elemente ’n duidelike rigting projekteer sodat die kyker se oë ’n spesifieke roete/rigting volg Ritme: ontwerpelemente word op so ’n manier georganiseer dat die patroon of repetisie ’n ritme laat ontstaan; gedeelte van ’n verskeidenheid elemente wat benodig word vir afwisseling om ’n vervelige ontwerp te voorkom (elemente soos lyn, vorm, tekstuur en kleur gelykmatig gespasieer; gelykmatigheid in grootte, kleur en tekstuur sal ’n vervelige ontwerp sonder ritme veroorsaak) Ruimte-perspektief: om die 3D-eienskappe van ’n spasie op ’n 2D-oppervlak aan te toon
S
Saturasie-kleur (Gesatureerde kleur): suiwerste en helderste toestand van ’n kleur; geen wit of swart is by die kleur gevoeg nie Saturasie: die meting van die intensiteit en helderheid van ’n kleur Sekondêre kleure: deur twee primêre kleure te meng word ’n sekondêre kleur verkry; oranje (rooi + geel), groen (blou + geel) en pers (blou + rooi) Semiotiek: studie van simbole en tekens wat in kommunikasie gebruik word Sensoriese bewustheid: hoë graad van bewustheid deur van al die sintuie gebruik te maak