VERDUIDELIKING VAN 20ste-eeuse kunsstyle wat ’n invloed op ontwerp gehad het:
Fauvisme (Frankryk) n Vroeë 20ste-eeuse skilderstyl wat sterk, lewendige, dikwels teenoorgestelde kleure en plat tweedimensionele vorms dikwels met sterk buitelyne gebruik het. (Henry Matisse)
Kubisme (Frankryk): ’n Konseptuele styl van die vroeë 20ste eeu wat ’n beduidende invloed op moderne argitektuur, ontwerp en kuns gehad het. Die idee of konsep het belangriker geword as die werklike fisiese voorkoms soos ons dit waarneem. Voorwerpe is vereenvoudig tot hulle mees basiese vorms (kubus, sfeer en silinder) of die voorwerp is “binnekant buite” omgekeer en het veelvoudige fasette gehad soos ’n gebreekte spieël. (Sien Picasso, Braque & Kubisme)
Futurisme 1914-1919 (Italië) ’n Italiaanse beweging in argitektuur en skilderwerk wat die masjien en spoed aanbid het en nie deur die industriële tradisie beperk was nie. Hulle kuns en argitektuur het al die dinamiese gestoomlynde eienskappe van die nuwe vliegtuie, skepe, motors en motorfietse vertoon. Hulle is deur die gefragmenteerde vorms van die Kubistiese Beweging beïnvloed.
Konstruktivisme: 1912 – 1921 (Rusland) • het die “gees” van die masjien-eeu en die nuwe samelewing in praktiese visuele vorm oorgedra. Dit is geometriese vorms en patrone soos vierkante en driehoeke;
• die klem verskuif na die ontwerp van funksionele konstruksies wat die opkomende sowjetstaat kon bevoordeel;
• gekyk na die produksie van items wat tot voordeel van die nuwe Rusland kon wees, die materiale wat toepaslik vir die produk en proses of dit nou keramiekwerk, klere, plakkate of argitektuur was.
• geïnteresseerd in onmiddellike toepassing om ’n nuwe beskawing in die Sowjetunie te skep, met kuns wat die voertuig van die propagandamasjien geword het;
• werke is meestal abstrak en geometries om die Sowjet-ideale te weerspieël; • ’n paar latere werk sluit die beelde van tenks, skoorsteenpype en fabrieke in; • moes ’n klaslose samelewing weerspieël; • ideale van die party moes nagekom word, selfs in ontwerp; • ontwerpers: Varvara Stepanova, Lyubov Popova, L Raitser.