Ander projekte waaraan Bargmann saamgewerk het, was die buite- landskapsontwerp vir die Urban Outfitters se nuwe hoofkantoor in die Philadelphia Navy Yard en die landskapsontwerp vir die Brooklyn Navy Yard se nuwe museum en besoekersinligtingsentrum. Daar is ’n sterk fokus op volhoubaarheid in die herontwerp en oprigting van geboue in albei hierdie areas. Die Urban Outfitters se projek wat saam met Meyer, Scherer & Rockcastle-argitekte voltooi is, het die 2010-eretoekenning vir argitektuur van die Amerikaanse instituut van argitekte ontvang.
Die kennis wat deur die D.I.R.T.- ateljee se studieprojekte gegenereer word, vind weer weerklank in Bargmann se lesings en seminare. Hierdie benadering verseker dat daar skakeling is tussen huidige projekmoontlikhede, dit wat studente leer en idees vir die toekoms. Die behoefte aan vars water en sosiale ruimtes is universeel en hierdie twee konsepte was die dryfveer agter al Bargmann se projekte.
Landskapsontwerp vir Brooklyn Navy Yard
Urban Outfitters se hoofkantoor in die Philadelphia Navy Yard (bo en links)