Chronologiese volgorde: ’n ware volgorde of opvolging Collage: versameling beelde, patrone en teksture gekombineerd as een bo-op ’n ander oppervlak
D
Dekoratiewe ontwerp: wanneer die hoofdoelstelling vir die aanwend van enige ontwerptegniek is om ’n oppervlak, produk of spasie te versier Diagonale lyne: lyne wat van links onder na regs bo en andersom loop Digitale ontwerp/media: druk, televisie, film en video, internet, animasie Dimensies: enige tipe afmeting (hoogte, breedte, lengte, dikte, ensovoorts), kan verwys na spasie of tyd; die dimensies van ’n objek kan 2-dimensioneel (plat of die illusie dat dit plat is) wees of 3-dimensioneel (kan beweeg of die illusie skep dat dit beweeg) Dinamiese beweging: die oog beweeg gemaklik van die een area na die volgende; word bewerkstellig deur die gebruik van aaneenlopende lyne, fatsoen, tekstuur of geleidelike verandering van kleur en vorm Dinamiese vorm: gee ’n sin van beweging of verandering Distorsie/versteuring: uit normale fatsoen; wanneer die oorspronklike vorm, objek, prent, klank of idee verander Dominering: wanneer een voorwerp ’n ander in ’n ontwerp domineer, byvoorbeeld groot versus klein, tekstuur versus gewoon, helder versus dof, ens. Driedimensioneel: objek wat diepte, hoogte, lengte en wydte het en van alle hoeke (bo, onder, sywaarts en van agter af) bekyk kan word; persoon kan om dit stap Druktegniek: om ’n beeld op ’n plaat of blok na ’n ander oppervlak te verplaas.
E
Eenheid: versameling en plasing van vorms, kleure, teksture, lyne, konsepte of objekte wat ooreenstemmende kwaliteite besit sodat die projek soos ’n saamgestelde geheel voel Eenpunt-perspektief: om ’n 3D-objek uit te beeld deur die tekening daarvan op ’n 2D-oppervlak; lyne beweeg weg van die kyker en ontmoet by een fokuspunt op die horison (verdwyningspunt) Eklekties: ’n kombinasie van verskillende style, idees, smaak; eklektiese style wat byvoorbeeld gebruik word in binnenshuisversiering, argitektuur en die mode-industrie Ekspressief: ’n energieke en somtyds sterk kwaliteit van lyn, vorm, tekstuur en kleur wat ’n sekere sterk emosie en gevoel weerspieël
Elemente van ontwerp: jou ontwerpersbestanddele: lyn, vorm, tekstuur, kleur, toonwaarde Elimineer: verwyder of wegneem Elite: behoort tot ’n groep mense met voorregte wat ander nie het nie; aansienlikes Emansipasie/vrywaring: die bevryding van wetlike-, sosiale- of politieke beperkings; vrymaking van slawe Entrepreneurs: dinamiese persoonlikheid; iemand wat ’n nuwe risiko, uitdaging of inisiatief of ondernemingsgees op hom of haarself neem en volle verantwoordelikheid vir die uitkoms aanvaar; besit die gawe om besigheids- ooreenkomste op te stel sodat wins gemaak word Ergonomies/ergonomika: ’n kombinasie van wetenskaplike analise van die mensdom om te bepaal hoe ons funksioneer; metodes en omstandighede wat in ag geneem word wanneer ’n verskeidenheid produkte en toerusting wat ons gesondheid, veiligheid en welstand kan bevorder of beïnvloed, ontwerp word; ontwerp volgens menslike behoeftes; studie van die menslike fisiese verhouding met hul lewende omgewing; studie wat handel oor hoe om verbruikersvriendelike produkte te ontwerp Esteties aangenaam/estetika: skoonheid wat deur die kyker ervaar word; pragtig en visueel aangenaam; wanneer iets gekategoriseer word volgens skoonheid, word dit vanuit ’n estetiese oogpunt beskou Estetika: ’n studie van kuns en teorie oor die natuur en waardering van skoonheid Evaluasie: om die waarde van iets volgens bepaalde kriteria te skat Evaluering: om verbeterings voor te stel en te analiseer om sodoende die beste ontwerpoplossing te bewerkstellig