Kies jou drie ekstra stukke uit die volgende lysie ontwerpidees:
• Motorplakker • Bandanna • Wapentjie • Plakker vir mure, skoolboeke en kosblikke • Plakkaat • Ontwerp vir ’n sak – drasak, vullissak, wat ook al die beste by jou veldtog inpas. • Vlag • Vlagversiering • Enige ander toepaslike item wat jy met jou onderwyser bespreek voordat jy daarmee begin
Al die items hierbo is daar om meer bewustheid te skep. Vertel vir die gehoor van jou projek en maak hulle lus om te sien wat voorlê. Jy hoef nie die “werklike ding” te skep nie, met ander woorde die plakker hoef nie byvoorbeeld op gompapier te wees nie. Jy kan jou voltooide ontwerpe op papier aanbied. Hier is egter ’n woord van waarskuwing – werk ’n tydraamwerk uit sodat jy genoeg tyd het vir elke stuk. Jy tel probleme op as jy te veel tyd aan een of twee stukke bestee en die res moet afjaag. Maak seker dat jou stukke almal van dieselfde gehalte en standaard is.
Om jou projek te voltooi, gee die ekstra drie stukke vir jou onderwyser op ’n netjiese en professionele manier in. ’n Gedetailleerde motivering moet ingesluit wees en die redes gee waarom daardie spesifieke items gekies is.
Hou aan dink aan hierdie projek, aangesien ons in die vierde module daarmee wil voortgaan.