In jou werkboek, vergelyk die style van Kuns en Handwerk, Art Nouveau, Bauhaus en Art Deco.
1. Watter van hierdie bewegings het na jou mening die probleme van hulle tyd die beste hanteer? Motiveer jou antwoord.
2. Gebruik die tabel hieronder en stip die relevante inligting aan wat gevra is. Bewegings
Doelwitte Ten minste vier invloede Ses eienskappe
Noudat jy die tabel hierbo voltooi het, identifiseer die styl/beweging in die volgende prente en verduidelik waarom elkeen tipies is van ’n spesifieke styl/beweging.