HETJYGEWEETDie eerste ontwerpers wat die potensiaal ingesien het om afvalmateriaal te hergebruik, het dit in die 1930s besef. Die eerste bekende ontwerper wat meubels van afvalmateriaal gemaak het, was die De Stijl-meubelontwerper en argitek, Gerrit Rietveld. Die wêreld was in daardie tyd in ’n ekonomiese krisis en niks is vermors nie. Rietveld het in 1934 meubels gemaak deur slegs afvalmateriaal vir sy “kratmeubels” te gebruik. Hy het die hout gebruik van “kratte” wat gewoonlik as verpakkingshouers gebruik is.
Weggooigoed is niks werd nie! In 2008 is hierdie herskepte stoele egter op ’n Christie’s-veiling vir R110 verkoop.
Kratmeubels ontwerp deur Gerrit Rietveld (1934)
Sedert die tyd van De Stijl het talle ontwerpers die potensiaal ingesien om rommel op ’n kreatiewe en produktiewe manier te gebruik. SA se omgewingsontwerper, Heath Nash, het sy maatskappy met rommel opgebou en het na bewering gesê: iemand anders se rommel is ’n ander man se roem. (“One man’s trash is another man’s treasure”.)
As ons na die huidige perspektief en ekonomiese krisis kyk, het ’n ontwerper nie veel van ’n keuse as om te hergebruik, herwin en herskep nie!
Hier is ’n paar idees wat jy vir hierdie oefening kan oorweeg.