Die rol van die massamedia in die skep en verspreiding van populêre kultuur is noodsaaklik. Massamedia, soos radio, televisie en tydskrifte, stel die gewilde musikante, idees, mode, tegnologie en kunstenaars van enige era deur teks, visuele beelde en audio (klank) ten toon. Regdeur die geskiedenis van Suid- Afrika was tydskrifte en musiek belangrike massamedia-mediums. Tydskrifte soos Huisgenoot en Drum dateer terug na die 1950s en 1910s, onderskeidelik, en hou lesers nog op datum met huidige gebeure en ook die jongste modes, verduidelik nuwe en opwindende tegnologieë, lewer kommentaar op die lewens van beroemde mense, plaaslik en internasionaal. Behalwe dat tydskrifte kommentaar lewer op en besin oor populêre kultuur, kan tydskrifte ook help om sosiale en politieke boodskappe te versprei. Tydskrifte is ’n kragtige metode van kommunikasie omdat die lesers op ’n persoonlike manier interaksie met die tydskrif het – die lesers kies wanneer en waar om die tydskrif te lees en hul kan heen en weer blaai, en hul tyd neem om die tydskrif te lees. Tydskrifte is ook onderwerpspesifiek sodat lesers ’n tydskrif kan kies wat hul belangstellings verteenwoordig.
Vermaaklikheidsterre soos musikante en akteurs het ’n vername invloed op populêre kultuur en hulle word dikwels op tydskrifvoorblaaie uitgebeeld. Tydskrifvoorblaaie kan amper gesien word as piepklein geskiedenis-kapsules – of dit die 1955 Drum-tydskfrifvoorblad is wat Dolly Rathebe in ’n tipiese 1950s swembroek uitbeeld, die ikoniese Miriam Makeba se Drum-voorblad van 1957, die Huisgenoot-voorblad in die 1980s wat verklaar het: ‘JR is geskiet’ (’n sleutelgebeurtenis in die toe gewilde televisiereeks, Dallas) of ’n meer onlangse You-voorblad wat die akteurs van die Twilight-boeke en rolprentfranchise uitgebeeld het.
Vandag is baie tydskrifte ook aanlyn beskikbaar en trek hulle voordeel uit die massiewe impak wat die digitale wêreld op ons lewens het. Splinternuwe tydskrifte, spesifiek tot die internet, word e-zines genoem en neem ook toe in gewildheid soos ander vorme van digitale joernalistiek gewilder word, byvoorbeeld blogs en aanlyn-kommentaarlewering. Die fisiese formaat van ’n tydskrif, of dit gedruk of digitaal is, is nie werklik belangrik nie. Die impak wat hierdie medium het om die populêre opinie in te lig, is veel belangriker.
JOU BEURT! ’N WEEK VAN SUID- AFRIKAANSE POPULÊRE KULTUUR
Suid-Afrika is ’n uiteenlopende land met mense van baie tradisionele kulture wat almal tot ’n meerdere of ’n mindere mate bydra tot populêre kultuur. Om sake verder te ‘bemoeilik’, word Suid-Afrikaners ook geïnspireer deur Amerikaanse en Europese tendense en kultuur. Meeste mense sou sê dat hierdie uiteenlopende reeks invloede te omvattend is om geïnterpreteer te kan word in ’n enkele, pupulêre kultuur. Maar in Suid-Afrika meng Westerse inlvloede met ‘local is lekka’ asook Afrika-tradisies om ’n dinamiese, ryk, populêre kultuur te skep wat die uiteenlopendheid van Suid-Afrika en haar mense verteenwoordig.
428 /////
Verskeie voorblaaie van die tydskrifte Drum, Huisgenoot en You