Inleiding In hierdie module gaan ons kyk na drie bewegings wat die idee van reinheid, harmonie, funksionaliteit en bekostigbaarheid sowel as die bevordering van die gebruik van nuwe tegnologie nastreef.
Geskiedkundige konteks IN HULLE MANIFES WAT IN 1918 GEPUBLISEER IS,
HETVANDOESBURGdie volgende gesê: “Daar is ’n ou en nuwe bewussyn van tyd. Die oue hou verband met die individu. Die nuwe hou verband met die universele. Die
stryd van die individu teen die universele openbaar hom in die wêreldoorlog, asook in die kuns van vandag.”
“
De Stijl is deur Theo van Doesburg, Piet Mondrian, Bart van der Leck en Georges Vantongerloo gestig. Hulle doel was om die moderne mens bewus te maak van nuwe idees van “plastiese kuns” wat vir hulle die personifikasie van ’n suiwer vorm van abstraksie en ’n direkte uitdrukking van die universele was. De Stijl vorm deel van ’n formalistiese tendens in Modernisme.