Sien Figuur 2: Op die voorkant van die gebou (die fasade genoem) is daar ’n inskripsie wat lees: M. AGRIPPA. L. F. COS. TERTIUM. FECIT Die inskripsie lees: “Markus Agrippa, seun van Lucius, wat al drie keer konsul was, het dit gebou”. ’n Belangrike aspek van die Latynse alfabet wat jy duidelik in hierdie voorbeeld kan sien, is dat die monumentale alfabetstyl serifs. (Serif: ’n kort dekoratiewe lyntjie aan die begin of einde van elke letterstreep. Gaan na bladsy 67 vir meer inligting oor die Serif-styl)
Nog ’n voorbeeld wat duidelik die beheerde en rigiede aard van die monumentale lettertipe toon, is die Boog van Konstantyn, wat gebou is om sy oorwinning by die Slag by die Milviese brug te vier. Die boog is in 315 n.C. ingewy en is een van die laaste triomfboë wat in die Romeinse Ryk opgerig is. .
Die Boog van Konstantyn wat gebou is om sy oorwinning by die Slag by die Milviese brug te vier
Aan die bopunt van die Boog van Konstantyn is die volgende inskripsie in duidelike monumentale Latynse letters: IMP • CAES • FL • CONSTANTINO • MAXIMO • P • F • AVGUSTO • S • P • Q • R • QVOD • INSTINCTV • DIVINITATIS • MENTIS • MAGNITVDINE • CVM • EXERCITV • SVO • TAM • DE • TYRANNO • QVAM • DE • OMNI • EIVS • FACTIONE • VNO • TEMPORE • IVSTIS • REM-PVBLICAM • VLTVS • EST • ARMIS • ARCVM • TRIVMPHIS • INSIGNEM • DICAVIT