Simbool: ’n eenvoudige visuele beeld wat maklik inligting kommunikeer; ’n waardesisteem of geloof; ’n vereenvoudigde uitbeelding van iets Simmetries: elemente gelykmatig geplaas vanaf ’n sentrale punt Simmetriese balans: elemente wat eweredig vanaf ’n sentrale punt gespasieer word; 2D- of 3D-vorm wat aan beide kante van ’n sentrale as gereflekteer word Sintuiglik: beskryf die dinge wat verband hou met die vyf sintuie: sig, smaak, gehoor, reuk en gevoel Sjabloneer/stensil: gewoonlik gemaak uit plastiek of soortgelyke materiaal soos papier of karton met uitknipsels; uitgesnyde gedeelte word met verf of ink gevul wanneer die sjabloneer/stensil op ’n ander oppervlak geplaas word wat veroorsaak dat die vorm of ontwerp van die uitknipsel agtergelaat word op die oppervlak as ’n afdruk Skaal: eenvormige en proporsionele verkleining of vergroting van die grootte en dimensies van ’n vorm of spasie; reflekteer gewoonlik nie die werklike dimensies in die lewe nie; die ware grootte van byvoorbeeld ’n objek in verhouding met die omgewing daarvan Skakering van kleur: donkerder waarde van dieselfde kleur; kleur + swart Skakering: verwys na ’n kleur of ’n skakering van ’n kleur Skedule: ’n tydlyn waarbinne ’n sekere hoeveelheid werk en take verrig moet word Skepper/uitvinder: eerste persoon om iets spesifieks te maak of uit te dink Sleutelitems: deurslaggewendste items wat jy nodig het Sosiale kwessies: verwys na bv. HIV/VIGS, water, elektrisiteit en behuisingstekorte, misdaad, ens. wat ’n daaglikse impak op die sosiale strukture van gemeenskappe het Spasie: 3-dimensionele area; verwys na afstand, area en volume van die spasie; totale area word deur ontwerp beïnvloed; vorm word gedefinieer volgens die spasie wat rondom, onder, binne-in, vooraan en agter die vorm voorkom
Gespesifiseerde plek: om ’n werk te ontwerp vir ’n spesifieke spasie/lokaal/area Spontaan: die impulsiewe uitvoer van ’n aksie sonder die beplanning daarvan; spontane lyn suggereer ’n vars kwaliteit of energie en vrye-vloeibaarheid; dit gebeur natuurlik en sonder beplanning Standhoudend: iets wat lank reeds bestaan, of wat lank of vir ’n skynbaar onbepaalde tydsduur bly voortbestaan Staties: kan nie beweeg nie; staan stil Statiese beweging: wanneer die oog wisselvallig van een ontwerpelement na ’n ander spring, verkry deur kontrasterende kleure, vorms, lyne, en teksture langs mekaar te plaas Statiese vorm: ’n vorm wat glad nie beweeg nie; het nie die kwaliteit om ’n illusie van beweging te skep nie Stedelike ontwerp: die ontwerp en uitleg van stede en dorpe Stilering: ’n vereenvoudigde voorstelling van iets; ’n gestileerde prent bevat gewoonlik baie min visuele informasie en het ’n tekort aan diepte en gedetailleerde lyne Storiebord: in die geval van ’n televisie-advertensie stel die storiebord die verskillende gedeeltes en detail van die advertensie van die begin tot die einde voor; voorlegging of konsep-idee geprojekteer deur visuele en of geskrewe teks; ’n versameling visuele teksture, kleure, ens. wat byvoorbeeld ’n enkele tema, styl of stemming vir ’n binnenshuise area kan skep Storielyn: die logiese verloop van ’n storie geprojekteer deur visuele beelde en of teks Strategiese beplanner: iemand wat versigtig alle kwessies in ag kan neem en beplanning kan doen om ’n spesifieke uitkoms te verseker Strukturele ontwerp: vereenvoudiging van ’n objek om die kwaliteit van die ontwerp te beklemtoon Styl: algemene voorkoms, vorm, tegniek van ontwerp/produk Subkontrakteer: om ’n ander mens/mense in diens te neem om ’n spesifike deel van ’n taak te verrig
T
Tapisserie: ’n vorm van tekstielontwerp; word per hand op ’n vertikale weeftou geweef; al die lengtedrade word verberg in die ingewikkelde werk (geen drade is sigbaar aan die agterkant van die tapyt nie) Tasbaar: die sintuig en ervaring van aanraking; kan werklik of visueel wees Tattoo: ’n tattoo is ’n permanente merk wat op die vel gemaak word deur die inlas van ink bo-op die vel se lae Teater en stelontwerp: die ontwerp van stelle vir die gebruik in teaterproduksies of die ontwerp van ’n stel en toneelrekwisiete om ’n omgewing of agtergrond vir ’n tentoonstelling te skep (winkel/venstertentoonstelling om die eienskappe en die omgewing vir die advertering van ’n produk of diens te verhoog); ontwerp van ’n stel en toneelrekwisiete om ’n gewenste agtergrond of omgewing te skep vir ’n modefotosessie; stelle word ontwerp vir film- en televisieproduksies