Die volgende twee voorbeelde het werklik uitgestaan as gevolg van hierdie professionele ontwerp- vertoontegnieke en gebruik van gevonde voorwerpe en/of herwonne materiale. Is dit nie pragtig en treffend nie? Dalk herinner hierdie uitstallings jou aan die eienskappe van een of twee van die bewegings wat jy dié jaar bestudeer het.
Zoe Bradley is bekend vir haar vroulike maar dramatiese vensteruitstallings en -installasies. Hier het sy herwonne papier gebruik om hierdie ongelooflike groot rose te skep. Kyk na die pers handsakuitstalling regs!