Om in karton te woon, kan ons toekomswerklikheid wees!
8 PROJEK Kartonbehuising
Alhoewel statistiek toon dat daar amper drie miljoen huise in townships regoor Suid-Afrika gebou is, is die werklikheid dat meer as een miljoen Suid-Afrikaners steeds in krotte woon.
Hierdie nypende tekort aan woonhuise in township-gebiede word ook verder uitgedaag deur ongeëwenaarde industriële groei, ’n skerp styging in die getal eerstekopers, en ’n ernstige tekort aan ’n voorraad residensiële eiendom.
Die regering is nou meer as ooit tevore bewus daarvan dat mense in townships angstig, depressief en woedend is.
Om hierdie redes het die regering ontwikkelaars genader om bekostigbare behuising te ontwikkel. Die eerste stadium is om tydelike kartonhuise te implementeer wat later as prototipes vir ander boumateriale gebruik kan word.
Die plaaslike regering het ook gestipuleer dat alle voorgestelde prototipes (1) uit karton gemaak moet wees, (2) ’n platpak-ontwerp moes hê, (3) op die De Stijl en/of Skandinawiese ontwerpeienskappe gegrond moet wees en laastens (4) ’n volledige voorlegging en sakeplan moet insluit.