Die inskripsie lees soos volg: “Aan die Keiser Flavius Konstantinus, die grootste, vroom en geseënde Augustus: aangesien hy, deur die goddelike geïnspireer, en deur die grootheid van sy denke met sy leër en geregverdigde wapengeweld die staat van die tiran en tegelyk ook van al sy volgelinge verlos het, wy die Senaat en die mense van Rome hierdie boog wat met oorwinnings versier is, aan hom.” Die Parthenon sowel as die Boog van Konstantyn vertoon die formaliteit van die monumentale styl van Latyn-inskripsies. Vandag word Latyn in sy oorspronklike vorm hoofsaaklik in professies soos die wetenskap en die regte gebruik, maar dit vorm die grondslag van die meeste Europese alfabette.
Die Middeleeue
Na die val van die Romeinse Ryk het Europa ’n tydperk betree wat as die *Vroeë Middeleeue bekend staan. Die Latynse alfabet het regdeur Europa die belangrikste skrifstelsel gebly, maar die monumentale serif-styl lettertipe wat so kenmerkend van Rome was, is deur handgeskrewe lettertipe vervang. Die beste voorbeelde van hierdie lettertipe kan gesien word in die verskillende geïllumineerde manuskripte wat gedurende hierdie tydperk geproduseer is. Die term “geïllumineerde manuskrip” verwys na ’n geïllustreerde, handvervaardigde boek of manuskrip waar goudblad-versierings by die beelde of letters gevoeg is. Die goudblad het die lig van die bladsy af gereflekteer en die indruk van illuminering geskep. Daardie manuskripte was meestal religieus en is in kloosters geproduseer. Voorbeelde van die ingewikkelde skryfstyl wat gedurende hierdie tydperk gebruik is, kan gesien word in voorbeelde soos die Boek van Kells (geproduseer in die streek wat vandag as Ierland bekend staan), die Boek van Ure (hierdie weergawe van die Boek van Ure is in Vlaandere vir ’n Britse klant geproduseer) en ’n bladsy uit ’n Franse kopie van die Boek van Ure. Die kenmerke van Wes-Europa se geïllumineerde manuskripte sluit in stywe, frontale houdings van figure wat dikwels nie waarneembare uitdrukkings en agtergrond het nie en wat verklein is met bygevoegde goudblad om ’n gevoel van spirituele skoonheid te skep. Al die teks is met die hand geskryf en ’n enkele manuskrip kon jare neem om te produseer.
“Book of Kells”: Hierdie pragtige manuskrip is ’n wonderlike voorbeeld van Middeleeuse geometriese patroonvorming. Vergrote hoofletters en volledige dekoratiewe patroonblaaie, bekend as “tapytbladsye” is deur die aanwending van goudblad geïllumineer.
* 32 /////
Die vroeë Middeleeue: Ook bekend as die “Donker Eeue”. Hierdie tydperk het begin met die val van die Romeinse Ryk, 500 – 1000 n.C.