MAANLANDING ’n Ander sleutelkenmerk gedurende hierdie dekade was die verowering van die ruimte. Die ruimtewedloop het die gedagtes en verbeelding van mense regoor die wêreld aangegryp en geëindig toe Neil Armstrong in 1969 uiteindelik op die maan geloop het. Beelde van ruimte en ruimteverkenning het die populêre kultuur oorspoel – van talle flieks en boeke tot PVC-klere en kliniese wit omgewings wat bedoel was om soos futuristiese interieurs te lyk. Die reklamewese het gou hierdie fassinering met die ruimte benut en gedurende die laaste deel van die dekade is alles, van grimering tot motors, deur die ruimte en futuristiese konsepte te gebruik, geadverteer.
Frigidaire-advertensie uit 1966.
Ford wat sinspeel op die konsep van “binneruimte” in hierdie 1960s-advertensie