Hulle het ’n heeltemal nuwe tipografie wat steeds vandag op talle plaatomslae gebruik word, ontwikkel. Hulle het nie die geïndustrialiseerde wêreld verwerp nie, maar probeer om maniere te kry om tegnologie en massaproduksie te gebruik om die probleme wat hulle wêreld in die gesig staar, te hanteer.
Hulle het tegnologie gebruik om toereikende behuising, meubels, tekstielstowwe en huishoudelike goedere wat goed gemaak en esteties mooi was, te skep.
Hulle het ’n groot invloed op moderne ontwerp gehad en ook hoe kunsskole onderrig in ’n gemoderniseerde wêreld benader het. Ons sien dit in ons nuwe kurrikulum op die manier waarop julle ontwerpprobleme moet oplos deur te ondersoek en te eksperimenteer. Baie van die boumetodes wat hulle onwikkel het, word steeds vandag gebruik. Hulle invloed het wêreldwyd versprei omdat talle van die onderrigpersoneel na Amerika verhuis het. ’n Nuwe Bauhaus is daar geopen en het aangehou om sy invloed te versprei.
Bauhaus -ontwerpers
Walter Gropius – Duitse argitek en stigter van die Bauhaus Mies van der Rohe – Duitsgebore Amerikaanse argitek Gunta Stölzl – Duitse tekstielontwerper - wewer Anni Albers – Duitsgebore Amerikaanse tekstielontwerper en drukkunstenaar Marianne Brandt – Duitse skilder, beeldhouer, fotograaf en ontwerper - metaalwerk Marcel Breuer – Hongaarse argitek en meubelontwerper Mart Stam – Hollandse argitek, stedelike beplanner en meubelontwerper - metaalwerk Josef Albers – Duitsgebore Amerikaanse kustenaar en opvoeder - produkontwerp Oskar Schlemmer – Duitse kunstenaar, beeldhouer, kostuumontwerper, choreograaf Wilhelm Wagenfeld – Duitse Industriële ontwerper Herbert Bayer – Australiaansgebore Amerikaanse grafiese ontwerper
4 PROJEK Doen die volgende in jou werkboek:
Trek ’n breinkaart in jou werkboek oor die Bauhaus en gebruik die volgende as riglyn:
• Wanneer het hulle begin, waar, deur wie en waarom? • Wie het die gesegde: Vorm-volg-funksie geskep? Wat beteken dit? • Wat wou hulle bereik? • Invloede wat hierdie beweging beïnvloed het • Fatsoen/vorm/kleur/lyn/tekstuur • Gewilde materiale wat gebruik is • Tipiese tegnieke van hierdie beweging • Tegnologie wat gebruik is • Produksie/prototipes • Hulle het abstrakte of soms herkenbare beelde gebruik, veral in plakkate en speelgoed
• Belangrike ontwerpers van verskillende ontwerpkategorieë en ’n werk by elkeen • Noem hulle impak en bydrae tot die moderne industriële wêreld