As die agterdoek/agtergrond en syvleuels voltooi en gepas is, moet jy die leë verhoog vul met meubels, rekwisiete of ‘props’ (afkorting of kort vir verhoog-PROPerties) soos meubels, messegoed, breekware, wapens, ens., wat deur die akteurs/aktrises op die verhoog gebruik word tydens ’n opvoering asook karakters om jou toneel te voltooi. Vanselfsprekend kan jy nie net enige rekwisiete, meubels of karakters kies nie. Elke besluit wat jy neem, moet pas by die styl en atmosfeer van jou verhoog. Jou navorsing gaan dus voort!
Hier is papierknipsels wat gebruik gaan word om ’n familiekamer uit te beeld. Ons het hierdie voorbeeld van die internet afgelaai so indien jy genoeg navorsing doen en jy toegang tot die internet het, sal jy baie dinge opspoor wat jou kan lei sodat jy jou eie stel ontwerpe en karakters kan saamstel wat geskik is vir jou ontwerp.
Jy sal dieselfde tegniek herhaal wat jy gebruik het toe jy die kleur van die voor-verhoog gedoen het. Verwys na bladsye 247-248 om jou geheue te verfris. Dit is ’n tradisionele tegniek vir die skep en afwerk van papierteaters. Die doel hier is om die tegniek van waterverf te bemeester. Die gebruik van fotokopieë, jou eie tekeninge of prente van collages is geen nuwe tegniek nie – en dit begin met die keuse van jou beelde wat jy moet druk of teken en wat jy op die rekenaar of boeke gevind het. Alle stadiums het egter ’n deeglike en kritiese kontrole nodig. Die tegniek van inkleurwerk is ook nie onbekend nie. Voordat kleurfoto’s bestaan het, het die fotograaf ’n verskeidenheid ink gehad om die swart-en-wit-foto mee in te kleur. Jy kan steeds hierdie foto’s in museums aantref, maar dalk ook in jou oupa en ouma se huis!
Die doel is hier om tegnies vaardig te word met die gebruik van kleur en die aanwending van waterverf, glasuur en/of kleurstowwe. Die tekenprogram en die oefeninge vir Kwartaal 2 kan ook help in dié sin dat hulle spesifiek met hierdie tegnieke werk.
Daar is talle webwerwe waar jy voorbeelde kan kry van papiermeubels, -speelgoed, -kostuums en ander rekwisiete wat uitgeknip kan word. Die voorbeelde hieronder is goeie voorbeelde van die gebruik van waterverftegnieke vir ’n finale stuk werk. Kyk na die volgende skakels: