Die komposisie is baie besig met baie min agtergrond. Die herhaling van lyne skep ritme en spanning waar hulle uitsit en saamtrek, en skep nog traanvorms waarin die blomme geposisioneer is.
Dekoratiewe patroon ontwerp deur Rene Beauclair OMGEWINGSONTWERP
Argitektuur Die puristiese vorm van hierdie styl kan in die werk van die Spaanse argitek, Antoni Gaudi, met sy “organiese” argitekstyl gesien word. Hy het komplekse geboue geskep en het ’n styl gehad wat gereken is as meer beeldend as dié van ander Art Nouveau-argitekte.
Gaudi se organies-gevormde geboue kan as ’n verwerping van die “koudheid” van masjienvervaardigde geometriese voorwerpe gesien word.
Die Casa Batlló, reeds in 1877 gebou, is gedurende 1904–1906 volgens die Barcelona-interpretasie van Art Nouveau deur Antoni Gaudí en Josep Maria Jujol hervorm.
Antoni Gaudí, binnekant van Casa Batlló Barcelona, Spanje 1905-1907. Hier is die organiese skulpturele eienskappe baie sigbaar in die plafon en die hantering van die vensters.
Skulpturele versierde ingang van ’n Franse Art Nouveau-gebou.