Maak ’n kontoertekening van jou nie-dominante hand.
Voordat ons begin, kan jy onthou wat ’n kontoertekening is en waarom dit belangrik is dat jy dit leer as jy Ontwerp neem en nie Kuns nie? Om ’n goeie ontwerper te word, moet jy jou waarnemingsvaardighede en aandag aan detail ontwikkel en verskerp. In hierdie geval is dit dus sekerlik meer belangrik om na die gewoonte te kyk om waar te neem en die regte instelling te hê wat in die toekoms vir jou goed te pas sal kom as jy jou volle potensiaal wil bereik en jou sal help om in jou toekomstige loopbaan uit te blink. Dit is ook ’n noodsaaklike deel van die ontwikkeling van jou tekenvaardighede wat net so belangrik is as om enige van jou ander vaardighede te ontwikkel. Moenie vir ’n oomblik dink dat omdat jy Ontwerp neem en nie Kuns nie, jy nie goeie tekenvaardighede nodig het nie. Soos voorheen genoem, om by enige ontwerp- of argitektuurskool toegelaat te word, moet jy eers bewys lewer van jou tekenvaardighede en ’n portefeulje ingee wat ’n aantal sketse van goeie gehalte insluit. Die besluitnemers kan baie van jou potensiaal en vermoëns aflei deur net na die gehalte van jou tekeninge te kyk. Dit kan die verskil beteken tussen aanvaarding by ’n ontwerp- of argitekskool of nie.
’n Kontoertekening staan ook as ’n aaneenlopende lyntekening bekend. Met ander woorde, sodra jy jou tekeninstrument op die bladsy neergesit het, mag jy dit nie weer optel totdat jy jou tekening voltooi het nie. Jy gaan die kontoer van jou hand teken deur aaneenlopende lyne te teken wat ’n verdraaide/verwronge tekening tot gevolg het of abstrak is. Met ander woorde, jou tekening hoef nie soos die werklikheid te lyk nie. Dit is belangriker dat jy die reëls volg. Jy kan dink dat om die kontoer van jou hand te teken, beteken dat jy slegs die buitelyn moet teken. Dit is belangrik om op te let dat enige 3D-voorwerp nie slegs uit ’n buitenste vorm of buitelyn bestaan nie. Daar is in werklikheid talle vorms binne ’n vorm en ’n kontoertekening is veronderstel om ook die lengte, breedte, dikte en diepte van die voorwerp weer te gee, met ander woorde ons verwys na die “lyf en gewig” van die voorwerp, of in hierdie geval die hand. Wanneer jy die kontoer van ’n 2D-vorm teken, teken jy die buitelyn van ’n plat vorm, aangesien daar geen “lyf” is om te teken nie!