Soos ons reeds vir jou in graad 10 gesê het, die aksie van teken gee ’n mens die vermoë om werklik te sien en te dokumenteer wat jy waarneem. Nog ’n “hoender-en-eier”-situasie, want hoewel ons beter waarnemingsvermoë ons sal leer om beter te teken, sal ons die vaardigheid en aksie van teken toenemend moet oefen om ons waarnemingsvermoë te verbeter. Ons nooi jou uit om elke oefening te ervaar asof jy dit vir die eerste keer sien.
Die uitgesoekte tekenoefeninge is noodsaaklik om jou te help om oog-hand-koördinasie, waarnemingsvaardighede en tegniese vaardighede te verbeter en te ontwikkel. As jy deurlopend oefen, sal jy inligting realisties kan aanteken, jou eie styl ontwikkel, jou eie idees skep, met jou eie voorkeurinstrumente en -media werk en met vertroue jou vaardighede op enige van die vier ontwerpkategorieë kan toepas. Ons ken almal die gesegde: Alle groot idees begin op papier. Gryp dus jou sketsboek (A4 of A3 is voldoende) en dra dit oral met jou saam.
Die algemene idee om voort te gaan om baie miniatuur- en ander sketse te maak
Die doel teken moet tweede natuur raak en dit sal jou goed te pas kom as jy ’n goeie ontwerper en waarnemer wil word.
!
Ontdek altyd die werklike wêreld deur dit te teken. Werk so ver moontlik vanaf werklike dinge en probeer om so min as moontlik voorwerpe uit boeke en tydskrifte te kopieer. Om elke dag enigiets te teken, sal jou in staat stel om enigiets te ontwerp. Geniet dit terwyl jy ’n meester op die gebied van die tekenkuns word! Maak dit ’n lewenslange toewyding!
Onthou Om te kan teken sal jou handig te pas kom as ’n ontluikende ontwerper en sal jou help om voor te berei vir daardie uiters belangrike portefeulje wat jy in graad 12 nodig het wanneer die gehalte van jou tekenvaardighede sal bepaal of jy by ’n ontwerp- of argitekskool aanvaar sal word.
Kan jy van die eienskappe van lyn onthou wat ons in graad 10 bespreek het?
Hier is verskillende eienskappe wat jy met lyn kan skep. Natuurlik is daar talle meer opsies!
• beheers teenoor spontaan • maak van merke teenoor onpresies • fyn teenoor breed • gevarieer en krullerig • buitelyn teenoor ekspressief • vloeiend teenoor lineêr
Lyn kan ook emosies en ’n gemoedstoestand weerspieël, byvoorbeeld deur die karakter, rigting en beweging daarvan. Hier is ’n paar voorbeelde:
• Horisontale lyne kan ’n kalm en rustige gevoel oordra. • Vertikale lyne kan spiritualiteit voorstel. • Diagonale lyne kan beweging en spoed suggereer.