Die Eier-stoel ontwerp deur Arne Jacobsen en geproduseer deur Fritz Hansen, herinner mens aan die vorms wat deur Juan Miro van die Surrealistiese beweging geskep is.
Sytafeltjie deur Aalto ontwerp
Stapelstoele deur Verner Panton ontwerp. Talle Skandinawiese stoele het organiese vorms. Stapelstoele was iets nuuts en hierdie pragtige stoele is in ’n verskeidenheid kleure ontwerp en was baie aantreklik.
?
HETJYGEWEETDie Finse meubelmaatskappy Artek, gestig deur Alvar Aalto en sy vrou Aino Aalto, het die Hoë Stoel en die Stoel E60, wat in Apple-winkels dwarsoor die wêreld gebruik is vir kliënte by die Genius Bar asook ander areas van die winkel, vervaardig. Beide stoele is met swart lak afgewerk. Hulle is hoofsaaklik gebruik gedurende produkwerkswinkels of spesiale geleenthede. Baie van die oorspronklike ontwerpe deur Skandinawiese ontwerpers word steeds vandag nog vervaardig en verkoop.