Die spel tussen positiewe en negatiewe ruimtes is selfs nog meer opvallend as ons die lyne verwyder (a) wat die oorspronklike blokkies omlyn het. (b) Voeg nou ’n kleuragtergrond by (b), of selfs meer as een kleur! (c) Gebruik jou oorspronklike ontwerp (a/b) op ’n herhalende manier en skep ’n patroon wat herhaal. Kyk of jy die oorspronklike ontwerp en sy herhaling in ons voorbeeld hieronder (c) kan herken.
a.
b.
c.
Dink jy nie dat die ontwerp hierbo mooi muurpapier, materiaal of enige ander oppervlakontwerp waar ’n patroon herhaal word, sal maak nie? Kan jy sien dat sommige van die oorspronklike blokke “swaarder” is as ander? Trek jou oë op skrefies as jy sukkel. Onthou dat individuele letters ook gewig het, wat werklik belangrik is, veral as ons na latere voorbeelde kyk waar letters as ’n visuele beeld gebruik word.