Danica van der Merwe, ’n Graad 12-student, het ’n uitstalling geskep deur haar ouma se kas as agtergrond te gebruik. Die Victoriaans-geïnspireerde kostuums is almal van teesakkies gemaak en selfs met tee gekleur. Sy het regdeur die uitstalling ’n monochromatiese kleurskema gebruik wat die uitstalling verenig het.
Nog ’n student, Charné Hugo, het haar
inspirasie gekry by ou Franse en Victoriaanse sentimentele beelde. Die eietydse Franse ontwerper, Jean-Paul Gaultier, het Hugo se sterk lineêre rigting vir die agtergrond geïnspireer. Die agtergrond is met meters swart satynlint geskep terwyl die res baie versigtig geverf is om die perfekte agtergrond vir die uitstalling te skep.