• Dit was maklik om die nuwe ontwerpe in grootmaat te produseer en dit het gou die hoofstroomontwerpe geword.
• Ontwerpers was entoesiasties om met nuwe materiale te werk wat nou beskikbaar geword het. Die begin van ’n jeugkultuur het ’n nuwe mark vir moderne, modegoedere geskep. Voor die 1950s is die jeug nooit op enige betekenisvolle manier as teikenmark gekies nie. ’n Prominente jeugkultuur het eintlik eers in die 1950s begin ontwikkel met gewilde ikone soos die filmster, James Dean en die sanger, Buddy Holly, wat ’n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en baanbreker op die gebied van rockmusiek was. Hierdie ikoniese figure is in daardie tyd deur die jeug aanbid en dit het gelei tot die ontwikkeling van ’n populêre kultuur in die 1960s, wat tot vandag toe voorkom. Die jeug het begin om baie meer vryheid te geniet namate die houding van ouers teenoor jongmense begin verander het.
’n Tekort aan materiale na die oorlog het ’n vraag laat ontstaan na eenvoudige, funksionele voorwerpe wat maklik sou wees om te vervaardig. (Dit het aanleiding gegee tot die idee van GOEIE ONTWERP wat deur Phillip Kaufman geskep is)
Die tegnologie-era het uiteindelik aangebreek en talle van hierdie produkte het as gevolg van oorlogsuitvindings ontwikkel. Hieronder was nuwe kunsvesel en allooie.
? ?
HETJYGEWEETPopulêre kultuur verwys na kulturele aktiwiteite of handelsprodukte wat die algemene massa mense verteenwoordig, hulle pas, of op hulle smaak gerig is. Dit sluit populêre musiek, populêre films, tekenprente, voedselprodukte, ens. in.
HETJYGEWEETKunsvesel verwys na materiale wat deur middel van ’n chemiese proses geproduseer is. Allooie is ’n mengsel van twee of meer metale of ’n metaal gemeng met ’n niemetaal-materiaal.
Ontwerp is baie aan die skone kunste verskuldig, aangesien dit deur veral die styluitvindings in skilderwerk en argitektuur voor die Tweede Wêreldoorlog beïnvloed is. Dit is byvoorbeeld waarneembaar in die voortgesette ontwikkeling van die Internasionale Modernistiese Beweging wat uit die Bauhaus-skool van ontwerp ontwikkel het. Jy sal uit Module 2 onthou dat talle Bauhaus-ontwerpers gedurende en na die oorlog na Amerika verhuis het en die Bauhaus-ideale daar voortgesit het. Hierdie ideale het wêreldwyd versprei, veral in argitektuur, en veroorsaak dat geboue regoor die wêreld sekere ooreenkomste getoon het.
Die eerste aanduidings van ’n meer organiese Modernistiese rigting het van Amerika gekom deur die argitektuur van Frank Lloyd Wright, asook die Amerikaans-gebore Charles en Ray Eames en Eero Saarinen, wat van Skandinawiese oorsprong was. Charles Eames is ook deur Frank Lloyd Wright se idees beïnvloed. Hierdie meer organiese benadering kan gesien word in Frank Lloyd Wright se Solomon R. Guggenheim-museum wat in 1958 voltooi is.