16 PROJEK Bou ’n diorama of miniatuur geskiedkundige kamer ? Opdrag
Jou ontwerpklas is aangestel as die dekor- en stel-/modelbouers vir die skoolkonsert wat op hande is. Die kreatiewe direkteur het vir die stel- en dekorspan gevra vir 3D-papierteaters/ dioramas/miniatuurmodelle om van te werk.
Moenie die vaardighede onderskat wat jy kan opdoen deur jou eie papierteaters te maak nie. As jy hoegenaamd geïnteresseerd is om betrokke te raak by ’n bedryf waar jy meestal in 3D gaan werk, sal hierdie projek jou baie leer van die verskillende vaardighede wat jou goed te pas sal kom as jy belangstel in ’n aantal kreatiewe opsies soos argitektuur, werk in die fliek- en animasiebedryf, produkontwerp of meubelontwerp. Werk met spesifiek papierteaters kan ook ’n belangstelling ontlok in die ontwerp van geskiedkundige rekwisiete en kostuums vir filmstelle en musiekvideo’s. Kreatiwiteit is nie voldoende om suksesvol te wees in ’n driedimensionele omgewing nie, aangesien dit nie iets is wat elke ontwerper kan doen nie. Doen egter jou bes. Wie weet? Dit kan dalk ’n ander belangstelling in jou prikkel sodat jy ’n driedimensionele loopbaan wil volg waar jy die fliek- of reklamebedryf met welslae kan dien, of betrokke raak by teater- en stelontwerp.
Hierdie projek leer jou ook baie oor die geldigheid daarvan om met al die verwante besonderhede van ’n spesifieke tydperk of era te werk – van leer hoe om die korrekte kleurpalette tot die toepaslike vorms en teksture, lyne en dimensies te gebruik. Die suksesvolle gebruik van al hierdie elemente as ’n geheel sal jou leer en jou vermoë ontwikkel om met balans, komposisie en ritme te werk. Jou aandag aan detail, tegniese vaardighede en werklike begrip van die kompleksiteite van werk in 3D sal op ’n baie meer gevorderde vlak as tevore uitgedaag word.
!
IETS EKSTRA
Vir dié van julle wat werklik geïnteresseerd is in die werking van werklike teater: neem julle model na ’n verdere vlak. Gebruik dit as ’n basis om die volgorde en gebruik van rekwisiete op die verhoog, asook die gebruik van die verhoogligte in een of meer tonele noukeurig te beplan. As jy ’n meer doeltreffende finale aanbieding wil hê, kan jy dit oorweeg om jou papierteater binne ’n ingeslote area of groter boks te plaas en LED-liggies by te voeg om die ligeffek wat jy vir die spesifieke toneel wil hê, te skep. Maak ’n loergaatjie sodat iemand wat kyk die hele effek kan ervaar wat jy aan die binnekant geskep het.
Geniet dit! ///// 239
HETJYGEWEET ’n Diorama kan omskryf word as ’n model wat ’n toneel met driedimensionele figure voorstel, óf as ’n miniatuur, óf ’n museumuitstalling op groot skaal.. ’n Diorama is ook ’n miniatuurfilmstel wat vir spesiale effekte of animasie gebruik word.
Die konstruksie van ’n diorama kan ’n interessante manier wees om stories te illustreer of help om geskiedenis lewendig te maak. ’n Diorama is ’n toneel wat tyd, plek en mense uitbeeld. Dit kan gebruik word om ’n toneel uit ’n boek, ’n natuurlike omgewing of geskiedkundige tydperk te illustreer.