Die Hello Kitty-temapark in Kawaii Paradise in Tokio
Die konsep het in die 1980s ingewortel geraak toe talle tieners en jong volwassenes teen die tradisionele en ongevoelige konsepte van volwassenheid gerebelleer het. Kawaii kan vandag op baie produkte, verpakking, speelgoed en as gelukbringers vir maatskappye gesien word. Hello Kitty is een voorbeeld van Japannese kawaii wat ook in Westerse kulture gewild geword het.
Nog ’n element van Japannese jeugkultuur is straatmodes. Die opgesmukte styl van tradisionele Japannese kleredrag gemeng met Westerse konsepte soos kawaii word dikwels die Harajuka-styl genoem. Harajuka verwys dikwels na die area om die Harajuka-stasie waar Japannese tieners en jong volwassenes hulle persoonlikhede en idees deur modes vertoon. Daar is ’n aantal style wat binne Harajuka geïdentifiseer kan word, soos Kawaii, Gothic Lolita en Kei (of Visual Kei).
Japannese Kawaii of “oulike” straatmodes
Japannese Kawaii-elemente en staatmodes is slegs twee elemente wat deel van die Japannese populêre kultuur vorm. *Anime and *Manga is twee ander kunsvorms wat met Japannese populêre visuele uitdrukkings verband hou. Albei is uitbeeldings van die lewe en avontuur in die fantasie- of wetenskapfiksie-wêreld. Die een gebruik tradisionele drukwerk as medium en die ander gebruik film. Manga en Anime was op een stadium eie aan Japannese kultuur, maar oor die jare heen het hierdie kunsvorms ook in Westerse kulture gewild geword.